Inenting teen aappokke vir VSA

Ongeveer 56 000 dosisse van die Jynneos-aappokke-entstof word Woensdag na klinieke regoor die VSA gestuur, en nog 240 000 dosisse sal in die komende weke op pad wees.

Die Verenigde State van Amerika (VSA) beplan ‘n nasionale inentingsveldtog teen aappokke.

Klinieke in die VSA sal begin om inentings teen aappokke aan te bied aan persone wat moontlik aan die virus blootgestel is. Só het federale gesondheidsamptenare Dinsdag gedurende ‘n mediakonferensie aangekondig.

Tot op hede is inentings slegs aan mense met ‘n vasgestelde blootstelling aangebied.

Die VSA sal dosisse van ‘n veiliger en nuwer aappokke-entstof, Jynneos, beskikbaar stel aan klinieke, gebaseer op die aantal gevalle en die risiko van ‘n staat se bevolking vir ernstige siektes.

Staatsgesondheidsowerhede kan ook voorrade versoek van ‘n ouer entstof wat ontwikkel is vir pokke, wat glo ook teen aappokke beskerm.

Ongeveer 56 000 dosisse van die Jynneos-aappokke-entstof word Woensdag na klinieke regoor die VSA gestuur, en nog 240 000 dosisse sal in die komende weke op pad wees.

Nog 750 000 dosisse sal in die komende maande beskikbaar gestel word, gevolg deur nog ‘n halfmiljoen dosisse later vanjaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.