‘n Substasie in Avivaweg in Kimberley het vanoggend ontplof toe van die Sol Plaatje-werknemers daar besig was.
Thoko Riet, woordvoerder vir die Sol Plaatje-munisipaliteit, het aan FiND iT bevestig drie werknemers was besig om ‘n breaker aan die substasie te vervang toe die boks ontplof het.
“Drie van ons werknemers is beseer en na die hospitaal geneem vir behandeling,” sê sy. “Daar sal later meer inligting oor hulle behandeling en die herstelwerk gedoen word.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



