Alhoewel die regering die vereiste opgehef het om ‘n gesigmasker in openbare geboue te dra, het werknemers steeds die reg om te weier om te werk.
Diegene wat bang is om deur Covid-19 besmet te word, mag nie deur gevolge in die gesig gestaar word as hulle weier om te werk nie. Dit is volgens reëls wat op Vrydag 24 Junie herpubliseer is.
Die laaste oorblywende beperkings wat ingestel is om die verspreiding van Covid-19 te bekamp, is deur die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, opgehef.
Op Donderdag 23 Junie het Phaahla gesê die lewensrisiko, met betrekking tot die virus, het tot ‘n vlak gedaal dat hierdie beperkings nie meer nodig is nie.
Hierna het Thulas Nxesi, minister van arbeid, ‘n stel werkplekreëls herpubliseer.
Hierdie reëls is die eerste keer in Februarie gepubliseer en het ‘n aantal spesiale vereistes aan ondernemings gestel ten opsigte van die beveiliging van werknemers teen Covid-19.
Die beskerming van die reg om werk te weier is een wat uitgestaan het.
“Enige werknemer kan weier om enige werk te verrig indien omstandighede ontstaan wat, met redelike regverdiging, vir daardie werknemer of vir ‘n gesondheids- en veiligheidsverteenwoordiger blyk om ‘n dreigende en ernstige risiko van hul blootstelling aan SARS-CoV-2-virusinfeksie in te hou,” lui die reël.
Daar word nie van werknemers vereis om spesifieke prosesse te volg nie en hulle kan ophou werk voordat hulle hul werkgewers van die rede inlig.
Werknemers mag volgens hierdie reël nie “afgedank, gedissiplineer, bevooroordeeld of geteister” word vir hul weiering om te werk nie.
Die regulasie staan formeel bekend as die “Kode van Goeie Praktyk: Bestuur van blootstelling aan SARS-CoV-2 in die werkplek”.
Werkgewers word ingevolge hierdie kode verplig om ‘n risikobepalingsplan te skep. Die plan kan vereis dat sekere soorte werkers ingeënt word.
Hierdie werknemers kan ook gevra word om bewys van inenting te verskaf.
Vir diegene wat wel ingeënt wil word, moet betaalde tyd af sowel as vervoer van die werkgewer kry.
In terme van diegene wat nie ingeënt wil word nie, bepaal die regulasie dat hulle “redelik geakkommodeer” moet word.
Business Insider berig dat vir ‘n werknemer wat ‘n geldige mediese rede kan verskaf waarom hy of sy nie ingeënt kan word nie, ‘n werkgewer die werknemer moet akkommodeer in ‘n posisie wat nie vereis dat hulle ingeënt word nie.
Bronne: MSN, Business Insider
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Oklahoma aanvaar wetsontwerp wat meeste aborsies na bevrugting verbied



