Waar gaan dit eindig? Stygende pryse verwurg Suid-Afrikaners

Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (SANTACO) se nasionale uitvoerende komitee het Dinsdag vergader om stygende petrolpryse binne die bedryf te bespreek.

Stygende brandstof- en kookoliepryse het die jaarlikse verbruikersprysinflasie (VPI) in Mei tot ‘n vyf jaar hoogtepunt van 6,5% opgestoot.

Die koers was 5,9% in April en Maart.

Volgens Statistieke Suid-Afrika het vervoer, voedsel en nie-alkoholiese drank meer as die helfte van die jaarlikse inflasiekoers uitgemaak, met skerp stygings wat in dié kategorieë aangeteken is.

Dit volg omdat pryse steeds die hoogte inskiet bo die bekostigbaarheid vir baie verbruikers wat reeds onder finansiële druk verkeer.

Die jongste data van die Sentrale Energiefonds dui op verdere brandstofprysstygings vir beide diesel- en petrolvoertuigeienaars in Julie.

Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (SANTACO) se nasionale uitvoerende komitee het Dinsdag vergader om stygende petrolpryse binne die bedryf te bespreek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.