Slang kry skuld vir skrootwerfbrand in KwaZulu-Natal

“Daar is vasgestel dat ‘n werknemer wat in die houer woon, aan die slaap geraak het voordat hy ‘n kers kon blus,” het RUSA gesê.

Slang kry skuld vir skrootwerfbrand in KwaZulu-Natal

Slang kry skuld vir skrootwerfbrand in KwaZulu-Natal foto: MSN

’n Brand het Dinsdagaand 21 Junie by ’n skrootwerf in Oaklands, KwaZulu-Natal, uitgebreek. Die brand is glo deur ‘n kers veroorsaak. Die eienaar van die kers het op sy beurt die skuld op ‘n glibberige besoeker gepak.

KZN-sekuriteitsmaatskappy Reaction Unit South Africa (RUSA) het gesê inwoners van Oaklands het Dinsdag omstreeks 21:09 die brand aangemeld.

Toe veiligheidsbeamptes op die toneel aankom, het hulle ‘n houer (container) gevind wat in vlamme gehul was.

“Daar is vasgestel dat ‘n werknemer wat in die houer woon, aan die slaap geraak het voordat hy ‘n kers kon doodblaas,” het RUSA gesê.

Toe die werknemer wakker word, het hy glo ‘n slang in sy bed gewaar en by die houer uitgehardloop. Toe hy terugkom, was die plek aan die brand.

“Die man het uit die houer gevlug uit vrees vir die slang,” het die veiligheidsmaatskappy verduidelik.

Die brand is uiteindelik met emmers water geblus, volgens RUSA.

Bronne; MSN, Bloem In, The South African

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Staatskaping-ondersoek: Zondo kap SVA in finale verslag

Leave a Reply

Your email address will not be published.