Groot opwinding in Kimberley oor naweek se Curriebeker-finaal

Indien die regering hierdie maatreël voor die wedstryd afskaf, sal die res van die kaartjies oopgemaak word vir verkope.

(Foto: Ghanamma.com)

(Foto: Ghanamma.com)

Groot opwinding heers in die stad oor die naweek se Curriebeker-finaal wat in Kimberley plaasvind.

Arni van Rooyen, hoof- uitvoerende beampte by Griekwas, sê die span gaan nie aan hulle stylpatroon en die manier waarop hulle die wedstryd gaan benader, verander nie. “Die geheim is maar om niks te verander nie en alles dieselfde te hou.”

Hy sê die stadion berei al vir ‘n geruime tyd voor vir die moontlikheid dat hulle die finaal sou aanbied. “Ons is reg daarvoor!”

Dit is die derde jaar wat Griekwas in die halfeind is. “Ons het ‘n baie goeie afrigter en ‘n goeie groep spelers bymekaar en dit sal vir ons massief wees om die finaal te wen. Dis reeds baie groot vir die dorp om in die finaal te wees, maar die tweede ou word nooit onthou nie. As jy oor tien jaar van vandag af vra wie was die ou wat verloor het teen Griekwas, gaan niemand weet nie.”

“Dit is vir ons baie belangrik om te wen en ek dink dit gaan die norm vir Griekwas self beteken, in die sin van borge wat makliker bereik sal word en meer bereidwillig sal wees om betrokke te raak by die unie.”

“SA Rugby sal nou vir Griekwas of die Pumas in ‘n ander lig sien en sien die mense hier kan dit doen!”

Cwengile Jadesweni is die skeidsregter vir die wedstryd.

Van Rooyen sê ook omdat die regering nog nie 100% kapasiteit by sulke geleenthede toelaat nie, is daar tot dusver 50% van die kaartjies verkoop. Hy sê indien die regering hierdie maatreël voor die wedstryd afskaf, sal die res van die kaartjies oopgemaak word vir verkope.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.