Gesondheidsregulasies en maskers

“Ons is daarvan oortuig dat die regering nie hierdie irrasionele en onwettige regulasies sou herroep het as dit nie vir AfriForum se dreigende regstappe was nie.”

(Foto: Business Tech)

(Foto: Business Tech)

Weens volgehoue druk en dreigende regstappe deur die burgerregteorganisasie AfriForum en ander organisasies gaan die regering na verwagting die Covid-19-gesondheidsregulasies herroep.

Dit sal ’n oorwinning wees teen die regulasies met betrekking tot die dra van maskers, beperkings op openbare byeenkomste en reis na Suid-Afrika, wat AfriForum aanvoer onwettig en irrasioneel is.

“Die herroeping van die regulasies sal die krag van burgerlike organisasies soos AfriForum toon om die regering se magsmisbruik teen te werk. Ons is daarvan oortuig dat die regering nie hierdie irrasionele en onwettige regulasies sou herroep het as dit nie vir AfriForum se dreigende regstappe was nie,” sê Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published.