Die bekende drywende restaurant in Hong Kong, die Jumbo Floating Restaurant, het Sondag in die see omgeslaan nadat dit van die hawe waar dit vir 50 jaar bedryf is, weggesleep is.
Die restaurant het verlede maand aangekondig hy sal Hong Kong verlaat voor sy lisensie die maand sou verval.
Die restaurant is dus na ‘n ander plek gestuur en het die naweek daar omgeslaan.
Niemand is beseer nie. – Moneyweb
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



