Marno is uit intensief

Deel hierdie storie / Share this story

Marno Muller is Maandag uit die intensiewesorg-eenheid na ‘n gewone kindersaal geplaas.

Sy broer en suster kon hom gister ook vir die eerste keer na die ongeluk besoek.

FiND iT het oor die naweek berig dat Marno met behulp van ‘n fisioterapeut sy eerste tree gegee het nadat hy op 26 Mei in ‘n fratsongeluk was en by die kleuterskool aan sy kappietoppie op’n glyplank gewurg het. Hy was reeds blou en sonder ‘n hartklop toe die personeel by hom gekom het.

Hy het eers twee weke na die ongeluk wakker geword.

Volgens die Facebook-blad, Hemelse Pêrels NC, is die neuroloog tevrede met sy vordering.

Marno kan steeds nie self eet en sluk nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.