Is jy op soek na die perfekte doopsous vir gekookte eiers, koue vleis, warm vleis, tjips, salty crax of selfs ‘n broodsmeer? Hier is dan die perfekte resep.
Meng alle bestanddele. Dit kan vir maande in die yskas gehou word.
1 bottel mayonnaise (790g)
1 blik kondensmelk (385g)
60 ml suurlemoensap
25 ml Worcestersous
50 ml pietersielie (vars of gedroog)
5 rooi snoepuie, fyn gekerf (gekleurde cocktail uitjies)
4 agurkies, grof gerasper
1 middelslag ui, fyn gekerf
2 ml sout
Knippie rooipeper
Bron: Resepte vir almal
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



