Elvis Blue het gister onder die hutsmerk #LetElvisSing op Twitter aan SA Rugby gevra om hom toe te laat om vanjaar by die wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks te sing.
“Ek is Elvis Blue. Ek is ‘n sanger. Die Springbokke speel vanjaar teen die All Blacks. ‘n Droom uit my kinderjare is om die volkslied by een van hierdie wedstryde te sing.”
Blue gaan dan voort en sê hy sal bereid wees om op eie onkoste te reis tot waar die wedstryd plaasvind, selfs al is dit internasionaal.
“Ek belowe dat ek al die woorde van die lied ken en ek sal dit met passie sing, soos dit hoort. Dit sal ‘n groot eer wees.”
Blue het gevra of sy volgelinge die twiet weer kan deel om hom te help om sy droom te laat bewaarheid.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



