Trane van blykdskap het gevloei toe die vyfjarige Marno Muller Saterdag met die hulp van ‘n fisioterapeut geloop het.
Volgens die Facebook-blad, Hemelse Pêrels NC, kon Marno ook sedert die ongeluk weer in sy ma se arms wees en by haar sit.
Marno het op 26 Mei in ‘n fratsongeluk aan sy kappietop op ‘n glyplank by sy kleuterskool gewurg. Hy was reeds blou in sy gesig en sonder ‘n hartklop toe die personeel by hom gekom het.
Marno was onder sedasie in die hospitaal en het eers twee weke ná die ongeluk wakker geword.

Foto: Hemelse Perels NC
Volgens een van die terapeute gaan Marno weer van voor af moet leer loop, eet, praat en sluk.



