Deel van liggaam spoel by Cuttings Beach, KZN, uit

Deel hierdie storie / Share this story

’n Deel van ‘n liggaam het Donderdag 16 Junie op die oewer by Cuttings Beach in Merebank, Durban, KwaZulu-Natal (KZN) uitgespoel.

’n Visserman het glo die grusame ontdekking gemaak. Volgens PT Alarms het taktiese beamptes glo na die toneel gehaas.

“Search and Rescue en SAPD is ingelig. Die liggaam is deur Search and Rescue-lede gehaal,” het PT Alarms gesê.

Bronne: MSN, The South African, Flipboard

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Menslike skeletoorblyfsels in Oakford-veld gevind