Is jou geweerlisensie geldig, het jy al die nodige permitte, is jou geweer akkuraat ingeskiet en patrone reg gelaai, weet jy watter wild jy wil jag en waarheen jy moet reis? Jou jag-ekspedisie lewer ʼn belangrike bydrae tot die betrokke provinsie en land se ekonomie.
GWK Handel se jagafdeling kan bystaan met advies en toerusting!
Neem die volgende in ag:
- Plek, jagregulasies en -vrystellings, beperkings op diere
- Is die provinsie waar ek gaan jag se seisoen reeds amptelik oop?
- Wildpryse en die verskille – maak seker jou begroting is reg
- Verwerking van, vervoerpermitte en vriesgeriewe vir vleis
- Jagvoertuig se padwaardigheid en betroubaarheid
- Nodige wetlike dokumentasie
Kom kry die volgende toebehore by GWK Handel:
- Gemaklike stapskoene wat jou enkels beskerm
- ʼn Skerp jagmes en verkyker
- ʼn Waterbottel
- Warm en koel klere wat by die omgewing en seisoen aanpas
- Herlaaibare ligte en flits
- ʼn Hoed om jou teen die winterson te beskerm
- Genoeg kos vir die jagtog
- ʼn Heerlike Landzicht-soetwyn om van binne af warm te maak
Maak seker dat jy genoeg kos en voorbereidingsitems saamneem (op grond van die beskikbare jaggeriewe), en moenie van sonskerm en medikasie vergeet nie. ʼn Noodhulptassie met pynpille, antihistamiene, ʼn wondreiniger en -salf en pleisters kan handig te pas kom in onvoorsiene situasies.
Vir meer inligting skakel gerus jou naaste GWK-handelstak se jagafdeling.
- Kimberley: Celia Harms (053 581 0037)
- Prieska: Bertie Theron (053 353 1151)
- Douglas: Johan Visagie (053 298 8451)
*ADVERTENSIE
Lees ook: Reg vir die jagseisoen saam met GWK!



