Hier is ‘n baie lekker resep vir ‘n romerige hoender-en-groentesop met ‘n Argilla Deep Gournet Roaster.
Bestanddele:
• Deep Gourmet Roaster
• 1 groot wortel, gerasper
• 1 groot aartappel, gerasper
• 1 groot ui, gekap
• 250 ml water
• 200 g hoender sonder vel, ontbeen en in blokkies gesny
• 1 pakkie, 50 g cream of chicken soppoeier
• 1 pakkie, 50 g dik groentesoppoeier
• 750 ml water
• 250 ml room
• 250 ml melk
• swartpeper, mildelik
• Aromat, opsioneel
Metode:
Voeg die gerasperde hoender, wortel, aartappel en gekapte ui in die Deep Gourmet Roaster en bedek met 250 ml water. Mikrogolf vir 10 minute op hoog. Druk dit ‘n bietjie fyn. Voeg die soppoeiers, peper, Aromat en die oorblywende 750 ml water en melk by. Mikrogolf vir 10 minute op hoog. Roer af en toe. Voeg die room by en mikrogolf vir 1 – 2 minute. Bedien met lekker varsgebakte brood.
Argilla KOOK! – Facebook
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



