WAARSKUWING: NIE VIR SENSITIEWE LESERS
‘n Video van ‘n man wat ‘n vuurwapen op ‘n kind rig en daarna die kind skop en op hom trap, het skokgolwe deur Suid-Afrika gestuur, aangesien gister Jeugdag was.
Die voorval, wat deur Simphiwe Makinde op Twitter gedeel is, het volgens Makinde buite die Game-sentrum in Groblersdal, Limpopo plaasgevind.
Die suster van die seun het op Instagram die video gedeel en ook gevra dat mense hulle moet help.
"Help my asseblief om hierdie video (te versprei). My boetie (naam uitgelaat omdat hy minderjarig is) is vandag deur hierdie ou man by Groblersdal Game-sentrum aangerand omdat hy hom bloot gevra het om die sout deur te gee nadat hy dit by Fat Cake Shop gebruik het. Hy het geweier om dit te doen en vir my neef gedreig dat hy hom sal skiet. My broer het later ingegryp dat hy nie onbeskof met my neef moet wees nie, hy het begin dreigemente maak en hom verder aangerand.😭💔 Hy is maar net 16 jaar oud."
Sy sê verder die man is in hegtenis geneem en sal Vrydag in die hof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



