Lede van die eiendoms-, beleggings- en besigheidsektore in Johannesburg sê ‘n 24-uur werksdag in dié stad het die potensiaal vir baie nuwe geleenthede.
Julie Suddaby, lid van die MMC, het Maandag ‘n vergadering gereël waar die 24-uur werkdag bespreek is.
Die sprekers het gesê dis moontlik vir Johannesburg om ander eerstewêreldse stede soos New York, Tokyo en Buenos Aires te volg.
Suddaby het genoem dat Johannesburg ‘n populasie van ongeveer 6,2 miljoen inwoners het, naastenby dieselfde as stede soos New York, Londen en Hong Kong.
Daar is egter baie minder werksgeleenthede in Johannesburg as van dié stede.
Vuyiswa Ramokhopa, voorsitter van die National Property Practitioners Council, sê Johannesburg is die hartklop van die Suid-Afrikaanse ekonomie en dat dié stad ‘n belangrike rol speel in die land se ontwikkeling. – Business Tech
Wat sê jy van ‘n 24-uur werksdag?



