Vrou sterf na seekoei-aanval by St. Lucia-meer in KZN

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (59) is Vrydagoggend dood na ‘n seekoei haar by die St. Lucia-meer in KwaZulu-Natal aangeval het.

Die iSimangaliso-vleilandpark het in ‘n verklaring gesê die vrou het volgens ‘n voorlopige ondersoek se inligting saam met twee ander persone die area tussen die seekoeie en krokodille binnegegaan.

“Die persone wou glo sonder toestemming van die incema-rietgras in die vleiland oes,” lui die verklaring. “Die twee ander mense kon die aanval vryspring toe hulle ontsnap het.”

In die verklaring verduidelik die iSimangaliso-vleilandpark die incema-rietgras word elke seisoen in Mei geoes en sê iSimangaliso skakel elke jaar in by die gemeenskappe om die oesproses te verduidelik.

Die proses sluit in om die gemeenskap bewus te maak van die prosesse wat gevolg moet word om die gemeenskappe veilig te hou teen die wilde diere.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.