Marno sal weer moet leer loop, praat, eet

Deel hierdie storie / Share this story

Marno Muller (5) gaan volgens sy ma weer van voor af moet leer loop, eet en praat.

Volgens Marno se ma, Helga, kry hy steeds erge onttrekkingsimptome en hy bewe ook baie erg.

“Die dokter sê dis normaal en glo daar sal teen die einde van die week veranderinge gesien kan word.”

Volgens die dokter moet al die medisyne eers uitwerk voor hy ‘n MRI kan ondergaan.

Hy was vir byna drie weke sedert die fratsongeluk waartydens hy op ‘n glyplank deur sy kappietop gewurg is in ʼn medies geïnduseerde koma.

Hy word tans in die waakeenheid van die Garden City Netcare-hospitaal in Johannesburg behandel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.