Beskuitpoeding

Deel hierdie storie / Share this story

Poeding vir ontbyt? Hoekom nie?

Bestanddele:
500 ml melk
125 ml suiker
skil van 1 lemoen en 1 suurlemoen
1 kaneelstokkie
2 ekstra-groot eiers
125 ml volgraanbeskuitkrummels (vars of droog)
‘n knippie sout

Metode:
Voorverhit die oond tot 170 grade C. Giet die melk in ‘n kastrol en voeg die suiker, skil en kaneel by. Bring tot kookpunt, laat vir 20 minute trek en syg deur ‘n sif of moeseliendoek. Klits die eiers en voeg die melk en sout by. Voeg die beskuitkrummels by en giet in ‘n kleinerige gesmeerde vuurvaste bak. Bak vir 45 minute tot goudkleurig en ferm. Genoeg vir ses mense. (Landbou .com)

Maggie de Castro:

My oupa het altyd die beskuitkrummels gevat, lou melk bygegooi en geëet en vandag doen ek dit. Miskien sal ek hierdie probeer as ek weer beskuit bak

Sonia van Niekerk Maharaj: 

Ek het nou die dag malvapoeding se stroop oor die beskuit gegooi, Lekker stout, maar dit was die beste ontbyt wat ek nog gehad het!