11-jarige jaag met trekker in plaashuis vas

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Meisie (11) het erge skade op haar ouers se plaas veroorsaak toe sy met ‘n trekker binne-in die gesin se plaashuis vasgery het.

Die meisie was volgens Magazine Features besig om te help om bale om die plaashuis in Silberegg in Oostenryk te skuif toe die ongeluk plaasgevind het.

Sy het beheer oor die trekker verloor en afdraand binne-in die huis se dak vasgery.

Plaaslike media berig die meisie is beseer en moes na die hospitaal geneem word vir behandeling. Verdere inligting oor haar beserings is nog nie beskikbaar nie.

Dominik Sodamin, ‘n polisiewoordvoerder, sê aangesien die ongeluk op privaateiendom plaasgevind het en verkeersreels nie daar geld nie, sal die saak nie verder ondersoek word nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.