Thailand dekriminaliseer die kweek en verkoop van dagga en is nou die eerste land om só ‘n stap in Suidoos-Asië te neem, ‘n streek wat bekend is vir sy streng dwelmwette.
Thailanders kan nou daggaplante tuis kweek en die oes verkoop nadat die land dagga van sy verbode dwelmlys verwyder het.
Die ontspanningsgebruik van die dwelm word steeds verbied, al sê advokate dat die verligting in wetgewing dagga effektief dekriminaliseer.
Die regering hoop dat die ontwikkeling van ‘n plaaslike daggahandel landbou en toerisme sal bevorder.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



