Vierjarige dood na vullisvragmotor hom stamp

Deel hierdie storie / Share this story

’n Vierjarige seuntjie wat dood is nadat hy deur ’n vullisvragmotor getref is terwyl hy op sy fiets gery het, het oomblikke voor die ongeluk sy nuwe skoolklere aangepas.

Bronson Williams is buite sy huis in Launceston in Tasmanië getref.

’n Geregtelike doodsondersoek het beslis die bestuurder kon Bronson, wat op ’n klein fiets in die pad en die voetpaadjie om die vragmotor gery het, nie gesien het voordat hy getref is nie.

Lykskouer Simon Cooper het gesê alkohol, dwelms, spoed, onoplettendheid en padtoestande het nie tot die ongeluk bygedra nie.

“Bronson het nie ‘n fietshelm gedra nie, hoewel die helm hom egter nie sou gered het nie,’ het Cooper gesê.

Volgens Ruth Orr, polisie-inspekteur van Tasmanië, was die bestuurder van die vragmotor “verward en deurmekaar” na die ongeluk.

“Dit is die mees konfronterende toneel wat ek in 25 jaar aanskou het.”

Bronson se ouer suster, Jaime Denman, het gesê haar ‘klein engelseuntjie’ het sy skooldrag 30 minute voordat hy raakgery is, aangetrek. “Hy was so opgewonde om saam met sy broer en suster skool toe te kan gaan.

“Hy was baie slim en het ‘n borrelende persoonlikheid gehad en was baie geliefd onder sy broers en susters.”

Bronson se ma, Belinda Bannister, en ander lede van sy familie, was tuis ten tyde van die ongeluk.

“Van al die spesiale geskenke van die lewe, hoe groot of klein ook al, om jou as ons seun te hê, was die grootste geskenk van almal,” het me Bannister in ‘n Facebook-huldeblyk geskryf.

”n Spesiale tyd, ‘n spesiale gesig, ‘n spesiale seun, ons kan nie vervang nie. Met ‘n seer hart fluister ons laag, ons mis jou Bronson en is lief vir jou.

“RIP ons babaseuntjie liefde altyd en nooit vergeet nie. Ons hou jou in ons harte tot die einde toe.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.