Pampoensop is baie veelsydig. Jy kan sommer ‘n bietjie kerrie byvoeg of selfs fyngekerfde biltong. Hier is ‘n resep vir heerlike pampoensop met biltong.
Bestanddele:
1 kg pampoen, in blokkies gesny
1 lemoen, middeldeur gesny
500 ml aftreksel
‘n bossie vars tiemie
sout en peper
Biltong fyngekerf
Metode:
Indien jy ‘n heel pampoen gebruik, sny ‘n ronde “deksel” aan die bokant van die pampoen uit. Steek die mes teen ‘n hoek na die middel in sodat jy die “deksel” maklik kan uitlig om later weer te gebruik. Skep die pampoenvlees uit. ‘n Pit- of vrugteboor en lepel werk goed. Stoom die pampoenvlees saam met die lemoenhelftes tot sag. Haal die lemoen uit en druk al die sap in ‘n versapper uit. Voeg die pampoenvlees en aftreksel by en versap ‘n bietjie op ‘n slag. Giet die sop in ‘n pot en verhit. Voeg die vars tiemie en smaakmiddels by. Wanneer gereed is om te bedien, giet die sop in die pampoendop en garneer met fyngekerfde biltong. Bedien met stukke vars, bros brood.
– Nora Conradie, RESEPTEBOEK /RECIPEBOOK



