Nuutste oor die ‘national shutdown’

Deel hierdie storie / Share this story

Na die polisie ‘n waarskuwing uitgereik het en Suid-Afrikaners belowe het dat Natjoints die veiligheid van Suid-Afrikaners sal verseker tydens die national shutdown op 10 Junie, wag Suid-Afrikaners in spanning om te hoor of daar wel ‘n georkestreerde protesaksie plaasvind.

Natjoints het in ‘n verklaring gesê hy is bewus van die national shutdown wat in sekere dele van die land dreig.

“Wetstoepassers is ontplooi en is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag om enige vorm van misdaad te voorkom,” het Natjoints gesê.

AfriFrom sê daar is nog geen sentrale organisasie met ‘n nasionale voetafdruk wat hierdie shutdown dryf of organiseer nie. “Aangesien niemand leiding neem of verantwoordelikheid aanvaar vir hierdie nasionale shutdown nie, is die waarskynlikheid dat daar landswyd protesaksie gaan wees, baie klein.”

“Daar is egter steeds groot ontevredenheid oor die hoë brandstofpryse en daar bestaan wel ‘n moontlikheid vir kleiner plaaslike shutdowns of betogings wat uitgevoer kan word deur individue of groepe wat hulle eie agendas dryf of die momentum probeer misbruik tot hulle eie voordeel. Betogings is oor die algemeen baie moeilik om te voorspel en plaaslike veiligheidstrukture behoort meer akkurate inligting te kan verskaf in die area waar jy woon.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.