Die dapper vegtertjie, Pippie Kruger, vier vandag haar 13de verjaarsdag.
Pippie het al baie terugslae in haar kort lewe beleef, maar veg dapper terug op haar pad na herstel.
Isabella, of Pippie, het die land aangegryp toe sy op Oujaarsaand 2011 as tweejarige by die gesin se huis op Lephalale (Ellisras) derdegraadse brandwonde oor 80% van haar lyfie in ‘n ongeluk opgedoen het.
‘n Bottel vuuraansteekjel het in haar pa, Erwin, se hande ontplof en die brandende jel het haar lyfie gebrand.
Pippie het al 63 operasies ondergaan.

Haar ma, Anice, deel gereeld Pippie se vordering op sosiale media.
Sy vertel dat Pippie al lekker gesels en sy probeer ook sing. Volgens Anice vorder haar Afrikaans al mooi in drie- en vierwoordsinne.


Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



