Die inhegtenisname van twee van die drie Gupta-broers Atul en Rajesh is Maandagaand deur die departement van justisie en korrektiewe dienste bevestig.
Die departement het bevestig die broers is in Dubai aangekeer en dit is nog onduidelik waarom die derde broer, Ajay, nie ook in hegtenis geneem is nie.
Interpol het ‘n paar maande gelede ‘n kennisgewing vir die broers se inhegtenisname vir beweerde bedrog en geldwassery van biljoene rande uitgereik.
Chrispin Phiri, woordvoerder vir die departement, sê daar is tans gesprekke tussen die wetstoepassingsagentskappe van die Verenigde Arabiese Emirate en Suid-Afrika aan die gang oor die broers se inhegtenisname.
Oorsese media het ook oor die twee broers se inhegtenisname berig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



