Marno steeds baie kritiek

Deel hierdie storie / Share this story

Marno Muller, die vyfjarige seuntjie wat na bewering by ‘n nasorgsentrum in ‘n fratsongeluk aan sy baadjie se toutjies gewurg het, het ‘n virale infeksie opgedoen wat stremming op sy longe vererger.

Hy het laasweek ‘n terugslag gehad toe sy koors skielik gestyg het en hy het begin hoes en braak van ‘n infeksie in een van sy longe.

Dokters is steeds baie bekommerd oor sy regterlong en hy ontvang steeds bloedoortappings.

Volgens Nadia, ‘n familievriend, wil die dokters weer met voeding begin om te kyk hoe sy liggaam dit hanteer.

“Hy is steeds onder 100% sedasie en die dokters se dit gaan nie gou gelig word nie omdat sy longe eers 100% moet wees. Die dokters is tevrede met sy niertjies se funksie.”

Enigiemand wat ‘n bydra wil maak, kan Hemelse Pêrels by 0784628503 of
Nadia by 078 249 1971 kontak.