Die Economic Freedom Fighters (EFF) in KwaZulu-Natal (KZN) het die wrede moord op ‘n senior lid van die party in die uMkhanyakude-distrik veroordeel.
EFF uMkhanyakude-streeksvoorsitter, Mxolisi Buthelezi, is na bewering op Donderdag 2 Junie op pad werk toe doodgeskiet.
Volgens die EFF in KZN was Buthelezi op pad na ‘n koukusvergadering met ‘n ander lid van die party.
Na bewering het ‘n onbekende voertuig hulle verbygesteek en geweerskote is op hulle afgevuur.
“Buthelezi is op die toneel dood terwyl die ander partylid na ‘n plaaslike kliniek gehaas is na hy skietwonde aan sy been opgedoen het,” het die party gesê.
Bronne: MSN, Briefly
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Groot ‘National Shutdown’ glo vir volgende week vir SA beplan



