‘n National shutdown word glo vir einde volgende week regoor Suid-Afrika beplan, nadat die EFF bevestig het dat hulle die idee sal ondersteun.
Die betogings sal merendeels in stede wees, teen die stygende koste van brandstof en ander noodsaaklike items.
Die EFF het Dinsdag in ‘n verklaring teen die petrolprysverhoging uitgevaar.
Ten spyte van die regering se verlenging van die brandstofheffing, is die EFF nie gepaai nie, en sal eerder die strate saam met ander national shutdown-organiseerders invaar.
“Die EFF beplan ‘n vergadering om te bespreek hoe ons op hierdie stygende pryse gaan reageer. Ons sal ook oorweeg om betrokke te raak by ‘n national shutdown totdat die koste van petrol verminder is. Dit is vir die tesourie om maatreëls in te stel wat ons brandstofpryse onmiddellik sal verlaag,” volgens die EFF-verklaring an 31 Mei 2022.
Sommige van die leidende stemme agter die national shutdown-idee het ‘n beroep gedoen vir ‘n volledige sluiting van skole en werkplekke. Werkers word ook aangemoedig om vir ‘n onbepaalde tyd tuis te bly totdat die petrolprys daal.
Hulle het Vrydag 10 Junie as hul dag van protes geïdentifiseer.
South Africans are calling for a #NationalShutdown of state on the 10th of June 2022.
— The Legal SA (@TheLegalSA) June 1, 2022
This come in the wake of significant #FuelPrice increases, a ballooning unemployment rate & a skyrocketing cost of living.
Petrol & Diesel went up by R2,43 & R1,10 respectively.#TheLegalSA pic.twitter.com/4I6BsTVC6X
Bronne: MSN, Twitter, The World News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Arthur Fraser lê aanklagte van R60 miljoen, diefstal en ontvoering teen Cyril Ramaphosa



