Leerlinge kry ontbinde liggaam by Gauteng-skool

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Leerling wat tydens skooltyd by Laerskool MC Weiler in Gauteng ‘n sokkerbal onder ‘n container wou gaan haal, het op ‘n ontbinde liggaam, toegedraai in ‘n kombers, afgekom.

Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder in Gauteng, het die voorval aan FiND iT bevestig.

“Die polisie in Alexander ondersoek nou die saak na ‘n liggaam by die skool gevind is. ‘n Nadoodse ondersoek sal deur die polisie gedoen word.”