Die saak tussen die 58-jarige akteur Johnny Depp en sy eks-vrou Amber Heard, wat vir ses weke in die hof in Virginië voortgeduur het, het Woensdag amptelik tot ‘n einde gekom toe die jurie ‘n besluit geneem het.
Die jurie het altesaam $15 miljoen aan Depp toegeken. $10 miljoen daarvan is vir skadevergoeding en $5 miljoen vir strafskadevergoeding.
Heard moet ook $2 miljoen kry vir skadevergoeding.
Depp het Heard vir $50 miljoen gedagvaar na ‘n meningstuk wat sy in 2018 vir The Washington Post geskryf het. In dié meningstuk verwys sy na haar ervaring met gesinsgeweld, maar noem nie Depp se naam nie.
Die hofgeding was vir ses weke aan die gang.
Ná die uitspraak het Heard op Instagram gesê sy is “baie teleurgesteld” in die uiteinde van die saak en dat dit jammer is die “berg bewyse” was nie genoeg nie.
Depp het sy aanhangers, prokureurs, die regter en die jurielede bedank en gesê hy het nou “sy lewe terug”.



