SAPHRA het in Januarie 2021 toegelaat dat klinieke kan aansoek doen om Ivermektien vir spesifieke pasiënte te kry, maar hulle was verplig om verslag te doen oor die uitkoms van die gebruik.
Sedertdien het SAPHRA gesê studies wat moontlike doeltreffendheid van Ivermektien in die voorkoming en behandeling van Covid-19 voorgestel het, is teruggetrek.
Die bevindinge van twee groot kliniese proewe wat in 2021 uitgevoer is, het ook nie die gebruik van Ivermektien vir pasiënte met Covid-19 ondersteun nie.
Die Amerikaanse voedsel- en dwelmadministrasie (FDA) het in Oktober gesê: “Daar is nie bewys dat ivermektien veilig of doeltreffend is vir hierdie aanduidings nie” en het gewaarsku dat “groot dosisse ivermektien gevaarlik is”.
Geen nuwe aansoeke vir die invoer van ongeregistreerde ivermektienprodukte is sedert Augustus verlede jaar ontvang nie, het Sahpra gesê.
Aangesien daar tans geen geloofwaardige bewyse is om ‘n terapeutiese rol vir Ivermektien in Covid-19 te ondersteun nie, het Sahpra besluit om die program met onmiddellike effek te beëindig.
Bronne: Times LIVE, IOL
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Melanie du Bois groet toneelspel weens chroniese siekte



