KZN-man skiet glo seuns dood oor nuwe bed

Deel hierdie storie / Share this story

‘n 63-jarige man in die Mahlabathini-omgewing van Ulundi, in die noorde van KwaZulu-Natal, het na bewering sy twee seuns doodgeskiet en sy vervreemde vrou gewond in ‘n dispuut oor ‘n nuwe bed.

Die man het na bewering sy seuns doodgeskiet en sy vervreemde vrou, nog ‘n seun en ‘n buurman gewond voordat hy homself Saterdag om die lewe gebring het.

Berigte van die indoena in die omgewing, Celi Zungu, dui daarop dat die man van sy vrou vervreem was en daar was ook bewerings dat hy sy vervreemde vrou mishandel het.

Die man het nie meer daar gebly nie, maar kon in die huis inkom omdat sy meubels en gereedskap nog daar was.

“Die seuns het op die betrokke dag vir hul ma ‘n bed en kruideniersware gekoop. Die man was woedend oor die bed en het vir hulle gesê hy wil nie die bed in ‘sy’ huis hê nie,” het Zungu gesê.

“Die seuns het met hul pa gepraat en gedink hulle het ‘n kompromie met hom bereik om die bed in een van die kamers by die huis te hou, maar geweld het later uitgebreek en die man het sy twee seuns doodgeskiet,” het hy gesê.

Die ander seun het die pa gekonfronteer en is ook geskiet, maar het oorleef en is hospitaal toe geneem.

Die man se vervreemde vrou en ‘n buurman is ook beseer.

Die polisie het gesê hulle het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen, asook aanklagte van moord en poging tot moord.

Hulle het gesê twee mense is doodgeskiet en die verdagte het ook homself om die lewe gebring.

“Daar word beweer ‘n 63-jarige man het op 28 Mei om 17:30 vyf mense geskiet en toe die geweer op homself gedraai het,” lui die polisieverklaring.

Bronne: VN Explorer, MSN

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Akteur Kevin Spacey aangekla van seksuele aanranding