Twee mense is in Germiston in hegtenis geneem vir die verkoop van bedrieglike mediese sertifikate aan die publiek.
Die twee is in hegtenis geneem in ‘n gesamentlike operasie deur die inspektoraatskantoor van die Gesondheidsberoepsraad van Suid -Afrika (HPCSA), die Ekurhuleni-Oos- georganiseerde misdaadeenheid, die blitspatrollie en ‘n sekuriteitsmaatskappy.
Volgens die HPCSA het die span ontdek dat Abel Sithole en Kedibone Mavis Ramunyai bedrieglike mediese sertifikate aan die publiek verkoop.
Verder verkoop Sithole glo mediese sertifikate onder die naam Dr. J Dominic en Ramunyai, onder die naam Dr. Semambo.
“Die twee verdagtes is deur die Germiston-SAPD in hegtenis geneem. Hulle is albei aangekla van bedrog, in stryd met artikel 39 (1) (a) van die Wet op Gesondheidsberoepe, (Wet 56 van 1974)” het die HPCSA gesê.
Die twee sal in die Germiston-landdroshof verskyn.
Bronne: eNCA, The South African
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Elon Musk staak Twitter-aankoop te midde van bewerings van wangedrag



