Vrou gee geboorte op sypaadjie in Centurion

Deel hierdie storie / Share this story

’n Vrou op pad huis toe van die werk af het die skok van haar lewe gekry toe sy op ’n sypaadjie in Centurion moes kraam.

CERT-SA het Woensdagmiddag omstreeks 15:25 gereageer op ‘n oproep om bystand in Rooihuiskraal waar ‘n 39-jarige vrou begin kraam het terwyl sy in die straat geloop het.

Volgens CERT-woordvoerder, Ruan Heyns, het hulle met hul aankoms op die toneel die vrou gevind waar sy op die sypaadjie buite ‘n woonhuis gelê het.

“Ons het vinnig vasgestel dat sy in aktiewe kraam was. Lede van die plaaslike gemeenskapspolisieforum was reeds teenwoordig en ’n vroulike lid het die pasiënt getroos.” “In ’n japtrap het die vrou geboorte geskenk aan ’n gesonde babaseuntjie. Aanvanklik was die baba effens bleek en het nie gehuil nie, maar na ‘n bietjie stimulasie en bykomende suurstof het hy meer aktief geraak en sy kleur het verbeter,” het Heyns verduidelik.

Beide ma en baba is in ‘n stabiele toestand per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal vir mediese bystand vervoer.

Dit gaan goed en die ma en babaseuntjie is albei gesond.

Bronne: Economy24, MSN

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Uiters koue weer word vir SA voorspel vir volgende week