’n Vlieënier en twee passasiers is beseer toe ’n ligte vliegtuig Donderdag op die Kromvlei-lughawe in Alberton neergestort het.
“Ek bevestig die ongeluk van ‘n 4-sitplek-minivliegtuig by Kromvlei-lughawe net buite Alberton op die hoek van M7- en Kromvlei-paaie buite Alberton. Die naaste landmerk is Mall of the South. Die vliegtuig het glo drie insittendes, vlieënier en twee passasiers gehad. Al drie het met ernstige beserings oorleef. Hulle is op die toneel medies behandel voor hulle per pad vervoer is na die naaste mediese fasiliteit,” volgens William Ntladi, nooddienswoordvoerder van die stad Ekurhuleni.
Hy het gesê die ramp- en noodbestuursdienste (DEMS) het die oproep presies 17:55 ontvang en dadelik gereageer.
“Met hul aankoms was verskeie ander nooddienste ook op die toneel wat mediese behandeling aan die beseerdes gegee het. SAPD (SA Polisiediens) is op die toneel en wag steeds op die ACSA forensiese ondersoek om ondersoek in te stel.”
Bronne: Jacaranda FM, MSN
Volg FiND iT hier.



