‘Profeet’ wat glo Jamie Bartlett se dood ‘voorspel’ het, beweer ‘n vrou is ‘volgende’

Deel hierdie storie / Share this story

Die “profeet” wat die dood van die Suid-Afrikaanse akteur Jamie Bartlett “voorspel” het, beweer hy het nog ‘n voorbode van onheil gehad en dit is die beweerde naderende dood van ‘n vroulike bekende persoon “weens dwelmgebruik”.

‘Profeet’ MellonTik Orasi van Zimbabwe, wat in SA woon, het sy boodskap van onheil op sy Facebook-blad gelos.

“Profeet” MellonTik Orasi, wat volgens sy Facebook-blad in Mpumalanga woon, het sy volgelinge gewaarsku oor nog ‘n voorgevoel wat hy gehad het.

Hy het Dinsdag 23 Mei in ’n plasing gedeel: “Gee aandag. Binnekort sal ‘n vroulike multi-talentvolle Suid-Afrikaanse bekende sterwe weens dwelmmisbruik en breinskade”.

Die “profeet” het glo die naweek die dood voorspel van “‘n manlike beroemdheid in die Suid-Afrikaanse kunsbedryf wat binnekort sterf as daar nie gebid word nie”.

Maar hoewel hy geen name genoem het nie, beweer die “profeet” sy voorspelling is vervul nadat die nuus van Jamie Bartlett se dood Maandagaand bekend gemaak is.

Hy het ‘n foto van Jamie Bartlett op Facebook gedeel na aanleiding van die nuus met die onderskrif: “Mag hy in vrede rus”.

Die “profeet” beweer ook dat hy die dood van Shona Ferguson en Riky Rick voorspel het.

Bronne: The South African, The World News

Volg FiND iT hier.

Lees ook: ‘Profeet’ het glo Jamie Bartlett se dood ‘voorspel’