Daniel Scheepers het hom na die Gautengse hooggeregshof, Pretoria, gewend ná ‘n ontstellende beproewing.
Hy is uit die bloute en vir geen duidelike rede nie gearresteer en vir drie weke by verskeie polisiestasies en tronke aangehou.
Daar is toe eenvoudig vir hom gesê hy kan huis toe gaan, aangesien hy nie teregstaan op enige aanklagte nie.
Die polisie het hom geen verduideliking gegee oor hoekom hy opgesluit is nie, of ‘n verskoning aangebied nie.
Scheepers het aan die hof gesê dat sy draai agter tralies ‘n absolute nagmerrie was, selfs meer toe iemand wat hy nie ken of kan identifiseer nie, sy kunsbeen vir drie dae weggeneem het.
’n Tronkbewaarder het dit aan hom terugbesorg.
Die nou 68-jarige Scheepers het getuig dat hy 55 was toe hy om een of ander onbekende rede in Desember 2009 in hegtenis geneem is.
Hy is toe by die Roodepoort-polisiestasie aangehou en later na Johannesburg-Sentraal-polisiestasie oorgeplaas, voordat hy na die Diepkloof-gevangenis (Sun City-gevangenis) geneem is, waar hy Kersfees moes deurbring.
Hy is eers op 6 Januarie 2010 vrygelaat.
Die SAPD was nie by magte om te verduidelik hoekom Scheepers gearresteer en aangehou is nie, aangesien sy enigste getuie – die kaptein wat Scheepers in hegtenis geneem het – intussen gesterf het.
Die hof is meegedeel dat dié beampte die SAPD se enigste getuie in hierdie saak was.
Aangesien die hof net Scheepers se getuienis aangehoor het en niemand van die polisie se kant geroep is om sy getuienis te weerlê nie, het die hof opgemerk dat Scheepers se getuienis onbetwis is en dat daar R525 000 aan hom betaal moet word.
Bronne: IOL, Ghanamma, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Will Smith ‘sien’ voor Oscars-klap hy gaan sy loopbaan verloor



