Leerders van Hoërskool Rustenburg ‘doen Nazi-saluut’

Deel hierdie storie / Share this story

Beamptes by Hoërskool Rustenburg in Noordwes is met afgryse gevul nadat beeldmateriaal van leerlinge wat ‘n Nazi-saluut uitvoer – terwyl hulle ‘n ou Duitse oorlogslied op karaoke sing – op TikTok gedeel is.

Altesaam vier leerlinge word glo deur “uiters ernstige” gevolge in die gesig gestaar, nadat hul ondeurdagte gebaar kykers geskok het.

Die Noordwes-onderwysdepartement stuur Dinsdag ‘n span na die skool om die saak te ondersoek.

Die skaars-geloofwaardige voorval volg enkele dae nadat ‘n rassisme-herrie by Universiteit Stellenbosch losgebars het.

‘n Wit student het glo op ‘n swart mede-student se lessenaar geürineer. Thenus du Toit is intussen geskors.

’n Verklaring gepubliseer deur Hoërskool Rustenburg het die instelling se skok en minagting uitgespreek:

Bernhard Visser is die voorsitter van Hoërskool Rustenburg se beheerliggaam.

Hy het erken dat die beeldmateriaal wat op TikTok te sien is, verdoemend is, en het dit duidelik gemaak dat “diskriminasie op enige vlak” nie deur die skool geduld sal word nie.

Bronne: The South African, The World News

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Eskom neem gemeenskappe se eise vir aanbodverhoging na Concourt