Boer soek ‘n vrou-paartjie verloof

Deel hierdie storie / Share this story

Die gewildste boer van seisoen 14 van Boer soek ‘n vrou is verloof.

Tyson Zunckel (33) het Sondag vir Alri Vorster gevra om te trou.

Die paartjie het op Alri se verjaarsdagnaweek verloof geraak. Haar ouers het vir die paartjie op Tyson se plaas by Bergville, KwaZulu-Natal, kom kuier en nadat Tyson Alri en haar ouers op ‘n helikopterrit geneem het, het hy haar en haar ouers na die tyd met die verlowing verras.