Monique Trollip, die Bloemfonteinse sangeres wat onder die naam Michelle Claassen sing, is gistermiddag laas teen ongeveer 13:00 gesien toe sy glo gaan inkopies doen het.
Volgens Bloemnuus het haar broer, Wayne Trollip, vanoggend gesê dit is nie in sy suster se aard om net iewers heen te gaan en nie terug huis toe te kom nie. Volgens hom het sy die huis in Generaal de Wet in Bloemfontein in ‘n oranje-goudkleurige Chevy Spark met registrasienommer DCF 970 FS verlaat en het glo albei haar selfone by die huis gelos.
Haar broer sê kameras het gistermiddag laat gewys dat haar motor op die N1 in die rigting van Colesberg gery het.
Hy het aan Bloemnuus gesê hy weet nie hoekom sy in daardie rigting sou ry nie. Hulle het reeds ‘n saak van ‘n vermiste persoon by die polisie aanhangig gemaak.
Mense met enige inligting oor waar sy kan wees, word gevra om haar broer, Wayne Trollip, by 084 384 1116 te bel.



