SAMA waarsku oor aappokke

Deel hierdie storie / Share this story

Terwyl nog geen gevalle van aappokke in Suid-Afrika aangemeld is nie, het die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMA) mense gewaarsku om waaksaam te wees.

Minstens 92 gevalle is wêreldwyd bevestig en 28 vermeende gevalle word in 12 ander lande ondersoek.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê daar is tot dusver geen sterftes aangemeld nie.

SAMA se dr. Mvuyisi Mzukwa waarsku die simptome waarvoor mense op die uitkyk moet wees, is koors, hoofpyn, spierpyne, rugpyn, kouekoors, moegheid, swelling van die limfkliere en ‘n uitslag.