Die langverwagte moordverhoor van die perderuiter, Meghan Cremer, begin vandag in die hooggeregshof in Kaapstad.
Die 30-jarige Cremer het in Augustus 2019 uit haar huis op die perdeplaas Vaderlandsche Rietvlei verdwyn.
Haar liggaam is dae later by ‘n sandmyn in Schaapkraal op Philippi gevind.
Die 27-jarige Jeremy Sias staan tereg op ‘n aanklag van moord, roof, diefstal en regsverydeling.
Twee ander mans is afsonderlik aangekla nadat hulle by Cremer se motor gevind is.
Hulle is nie met die moord verbind nie.



