‘n Kleuter met ‘n groot eetlus het sy ma ‘n groot les geleer om nie haar selfoon sonder toesig te los nie. Hy het dit gebruik om ‘n groot kitskosbestelling te plaas.
Kelsey Burkhalter Golden het verlede week op Facebook vertel hoe haar seun Barret hamburgers ter waarde van $91 (meer as R1 400) by Mcdonald’s bestel het met behulp van die kosafleweringstoepassing DoorDash.
Die kleuter het ook ‘n $16-fooitjie bygevoeg wat ongeveer R250 is “Ek het 31 gratis kaasburgers van McDonald’s as iemand belangstel,” het Golden in die plasing geskryf.
“My 2-jarige weet blykbaar hoe om deur DoorDash te bestel,” het sy by ‘n foto van die kleinding wat langs die groot burgerbestelling poseer, geskryf.
In plaas daarvan om ontsteld te wees, het Kelsey besluit om die hamburgers weg te gee aan mense wat kos nodig het.
“Daar is iemand wat oor tien minute kom om daarvan te kom haal, maar ek weet nie hoeveel sy wil hê nie,” het sy gesê.
Sy het ook bygevoeg dat sy ‘n paar voorkomende maatreëls gaan tref om seker te maak dat dit nie weer gebeur nie.
“Ek dink ek moet die toepassing of iets wegsteek, want DoorDash is nie beskerm nie.”
Sy het met ‘n plaaslike nuusspan gepraat en gesê dat sy besluit het dit is die beste om die burgers weg te gee omdat die seuntjie net die helfte van een geëet het, berig CNN.
Bronne: CNN, Briefly, The South African
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Ukhozi FM-gasheer geskors oor speel van ‘ongeskeduleerde liedjie’



