Eskom bevestig: Fase 2-beurtkrag vir die week

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrikaners sal hierdie week met meer kragonderbrekings te kampe hê, aangesien Eskom Sondag bevestig het Fase 2-beurtkrag sal deur die week van 17:00-22:00 geïmplementeer word.

In ‘n verklaring sê die kragvoorsiener weens die voortgesette tekort aan opwekkingskapasiteit, word hy gedwing om beurtkrag gedurende die week te implementeer.

Die staatsbeheerde entiteit het ook gewaarsku daar is ‘n moontlikheid dat beurtkrag dalk selfs buite beplande ure geïmplementeer moet word.

Eskom het ook gesê hy verwag ‘n voorraad diesel van ‘n skip wat na verwagting Maandag sal vasmeer, wat sal help om in die vraag na elektrisiteit te voorsien.

Bronne: EWN, Cape Talk, Twitter

Volg FiND iT hier.

Lees ook: KYK: Deel van woonstelblok stort ineen, spoel weg in KZN-vloede