Die Foreign Press Association Africa het media-afsetpunte gekap wat beelde van swart mense gebruik saam met berigte van die aappokke-uitbraak in Noord-Amerika en die Verenigde Koninkryk.
Verlede week het ‘n aantal lande in Europa ‘n uitbreking van aappokke gerapporteer en die meeste internasionale media het beelde van swart mense saam met berigte van die uitbraak gebruik.
Foreign Press Association Africa het gesê dit is ontstellend dat Europese en Noord-Amerikaanse media beelde van persone met ‘n donker velkleur gebruik om ‘n uitbreking van die siekte in die Verenigde Koninkryk en Noord-Amerika uit te beeld.
“Ons veroordeel die voortbestaan van hierdie negatiewe stereotipe wat rampspoed aan die Afrika-ras toeken en voorreg of immuniteit aan ander rasse. Ons vind hierdie optrede baie onsensitief. Die gebrek aan waardigheid wat aan slagoffers met bruin of swart velle van siekte-uitbrekings verleen word, is opvallend. Daar is ‘n gebrek aan nuanse en empatie vir mense wat aan hierdie siekte ly,” aldus die buitelandse persvereniging.
Die vereniging moedig liewer die gebruik van beelde van hospitale in Europa of die VSA aan, of ‘n foto van ‘n virus onder ‘n elektronmikroskoop. Geen spesifieke ras of tipe velkleur moet as die “gesig” van die siekte gestereotipeer word nie.
Bronne: The South African, The World News
Volg FiND iT hier.



