In die lig van die gebeure van die afgelope week en die impak wat dit op die geestesgesondheid en emosionele toestand van die Universiteit Stellenbosch (US) se studente gehad het, het die rektoraat, in oorleg met die leierskap van fakulteite en studenteleierskap, besluit om die eerste semester se eksamen met een week uit te stel.
“Die eksamen vir die eerste semester begin nou op Maandag 30 Mei. Die sperdatum vir assesserings vir hierdie week sal ook met een week verleng word.
“Die reëlings vir die fakulteit geneeskunde en gesondheidswetenskap waarvoor ook toegewings in hierdie verband goedgekeur is, sal binnekort deur die Fakulteit gekommunikeer word.
“Die hele skedule vir die eksamen word met een week verskuif en die reses begin op 4 Julie. Dit sal egter nie die begin van die tweede semester, wat steeds op 18 Julie begin, beïnvloed nie.”
Lees meer: http://https://bit.ly/3wE2Zng



