Standard-bank aflyn

Deel hierdie storie / Share this story

Mense is woedend omdat hulle met trollies vol kos by winkels staan en nie kan betaal nie as gevolg van Standard-bank wat tans van lyn af is.

Mense wat by dié bank is, kan op die oomblik geen transaksies maak of geld trek nie.

“Ons is steeds besig om die probleem op te los wat verband hou met die gebruik van jou kaart by verkoopspunttoestelle (POS) en OTM’e. Jy kan kontant kry deur ‘n kitsgeldbewys by sekere kleinhandelaars te gebruik (Spar, PnP, Game, Makro, Builders en PEP) of betaal met EasyScan by PnP as ‘n alternatief. Alle digitale platforms is beskikbaar. Ons vra om verskoning vir die ongerief wat veroorsaak is,” skryf die bank op Facebook.