31 220 poste beïnvloed tydens KZN-vloede

Deel hierdie storie / Share this story

In KZN is 68% van alle poste wat tydens die onlangse KZN-vloede beïnvloed is, van eThekwini.

Sihle Zikalala, premier van KZN, het tydens ‘n inligtingsessie ‘n oorsig gegee oor die besprekings wat plaasgevind het gedurende die gewone sitting van die KwaZulu-Natalse Uitvoerende Raad oor die KZN-vloede.

Alles in ‘n neutedop:

– 85 280 mense in KZN is deur die vloede geraak.
– 448 sterftes is in terme van die finale verslag bevestig.
– 88 mense is steeds vermis.
– 6 895 mense is haweloos.

– 50 mense is beseer.
– 27 069 huishoudings is geraak.
– 8 584 huise is heeltemal vernietig.
– 13 536 huise is gedeeltelik vernietig.
– R25 miljard is die geraamde koste van die vloedskade aan openbare infrastruktuur met verliese hoofsaaklik aan paaie, spoorweë, brûe, behuising, water, sanitasie, elektrisiteit, landbou en vervaardiging.
– 91 plekke in die provinsie word tans as skuilings gebruik (vanaf 102) en 7 297 hawelose mense word daarin gehuisves.
– 100 kragstasies is in Ethekwini alleenlik deur die vloede geraak, wat baie dele van die stad in duisternis gehul het.
– 75 – 80% van die probleme met watervoorsiening wat eThekwini ervaar het, het groot ontwrigting veroorsaak, maar is al verbeter.
– R30 miljoen se geraamde herstelwerk aan die watersuiweringsaanleg in oThongathi sal na verwagting ‘n paar maande duur.
– 1 810 tydelike residensiële eenhede moet deur diensverskaffers regoor die provinsie gebou word. Tot op hede is 77 hiervan voltooi.
– 630 skole is beskadig is, maar hulle is almal weer oopgemaak.
– 826 maatskappye het in totaal na raming R7 miljard se skade aangeteken.
– Die top drie distrikte wat die grootste impak gehad het, was eThekwini-munisipaliteit, gevolg deur iLembe en dan die Ugu-distrik. Van die 31 220 werksgeleenthede wat beïnvloed is, is 68% in eThekwini.
– Skade aan die Toyota-maatskappy se infrastruktuur het gelei tot hul tydelike sluiting in Durban.
– ‘n Geraamde 30 000 werknemers regoor die vervaardigingsbedryf is tans sonder werk. Dit beteken dat werknemers van Toyota Suid-Afrika vir ongeveer drie maande sonder betaling kan wees, gegewe die erns van die skade wat aangerig is.
– Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake het R67,5 miljoen aan KMMO’s en die Koöperatiewe Hulpfonds goedgekeur.